UEFA Champions League

Hierdie artikel handel oor UEFA se Europese sokkertoernooi, vir ander gebruike, sien Champions League (dubbelsinnig).
UEFA Champions League
2023–24 UEFA Champions League
Beskrywing.
Kenteken van die UEFA Champions League

Sportsoort Sokker
Gestig 1955
Eienaar UEFA
Inwydingseisoen 1956
Deelnemende lande Europa
Aantal spanne 32 (groepfase)
Mees onlangse kampioen Vlag van Engeland Manchester City FC (2023)
Verwante kompetisies UEFA Superbeker
UEFA Europa League
FIFA-Klubwêreldbeker
Kenteken van die Champions League op die veld voor die wedstryd tussen Arsenal London en Sevilla FC in 2007
Die trofee waarom sedert 1967 meegeding word
Kaart van UEFA-lidlande wat in die UEFA Champions League verteenwoordig is:

   UEFA-lidland wat tydens die groepfase verteenwoordig is

   UEFA-lidland wat nie tydens die groepfase verteenwoordig is nie

   Nie 'n UEFA-lidland nie

Die UEFA Champions League is die grootste bekertoernooi vir sokkerklubs ter wêreld. Die Champions League is 'n uitkloptoernooi vir Europese sokkerklubs wat hoog in hulle nasionale ligas geëindig het (sterker liga's sal meer klubs as swakker liga's afvaardig). Die toernooi word deur UEFA georganiseer. Die toernooi begin met die groepuitdunne, waar die boonste twee spanne in elke groep van vier in die uitklopfase van die toernooi speel. Die spanne wat derde in die groep eindig speel verder in die Europa League.

Daar word algemeen na die wenner van die Champions League verwys as die sterkste sokkerspan ter wêreld. Die huidige kampioen is Manchester City FC. In 2023 het hulle FC Internazionale Milano met 1–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste Kampioenebeker ingepalm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search